051 410 0967   E-mail Us  
Braunvieh News 2013

Braunvieh News for 2013

Totsiens En Welkom

11 Desember 2013

Die Braunvieh SA Genootskap neem afskeid van hul webmeester Lisa Verwey. Foto: Die Braunvieh SA sekretaresse Anna-Marie Viljoen oorhandig aan Lisa hier 'n blykie van die Genootskap se waardering vir haar diens.

Totsiens Lisa

Die Braunvieh SA Genootskap verwelkom die nuwe webmeester Corlia Henning.



SA Stamboek Elite 2014

9 Desember 2013

SA Stamboek Elite 2014 se Internasionale Teeltsimposium word op 30 April 2014 in Bloemfontein aangebied. Die tema vir die 2014 simposium is Diere-aantekening: 'n Middel tot winsgewende Veeboerdery.

Twee internasionale sprekers tree op en verskeie leiers in Landbou is deel van die program. Onder vind u die verkorte CV's van ons internasionale sprekers asook die Simposiumprogram.

Kliek hier vir meer inligting.



Vleissentraal Bulgroeitoets Klas Nominasie

27 November 2013

Op 22 November het die beoordelaar Martin Seyfferdt die nominasies vir die Vleissentraal Bulgroeitoets Klas (Bloem Skou 29 April 2014) gekies. Uit die sewe diere wat SA Stamboek nomineer het vir hierdie klas, is gekies as genomineerde om die Braunvieh SA Ras te verteenwoordig, die bul Stephanus Luitenant van die Eduan Braunvieh Stoet van Gawie en Willem Naudé (foto 1). In die tweede plek, is gekies Leonardo van die Kristal Braunvieh Stoet van Ansie Botes (foto 2).

 -
 -
 -

Op Foto 3 verduidelik Martin Seyfferdt aan die Braunvieh President, Christopher Havenga en die twee wengenomineerdes sy keuses.



Braunvieh Nasionale Veiling 2013

14 November 2013

Op 24 Oktober 2014 is die Braunvieh Nasionale Veiling gehou; die eerste Nasionale Veiling in 18 jaar. Klein Ruwen Strauss het voor die veiling sekergemaak dat daar Braunvieh pamflette en nuusbriewe vir die kopers in die veilingslokaal geplaas is. 18 bulle en 34 vroulike diere is aangebied en Gawie en Willem Naudé van die Eduan Stoet het die rekordprys behaal vir hul bul Limpopo wat wat aan Japie Bornman verkoop is.

Braunvieh Nasionale Veiling 2013



Braunvieh Inligtingsdag 2013

14 November 2013

Op 23 Oktober 2013 het die Braunvieh SA 'n Inligtingsdag gehou wat deur 30 mense bygewoon is.

Braunvieh Inligtingsdag 2013

Die Volksblad het 'n onderhoud gevoer met Piet de Villiers, ere lewenslange Vise-President van die Genootskap en organiseerder van die Inligtingsdag.

Braunvieh Inligtingsdag 2013

Joel Herholdt van Molatek die hoofborg van die dag, het 'n lesing gegee oor Bulafronding.

Braunvieh Inligtingsdag 2013

Dr Frikkie Neser van die Universiteit van die Vrystaat het 'n lesing gegee oor Kruisteling.

Braunvieh Inligtingsdag 2013

Leon van Weeninck van Virbac, 'n borg, het die mense toegespreek oor sy produkte.

Braunvieh Inligtingsdag 2013

Wynand Boshoff van Ratsbrand, 'n borg, het die mense toegespreek oor sy produkte.

Braunvieh Inligtingsdag 2013

Piet de Villiers het 'n demonstrasie gegee oor 'n Braunvieh bul en koei.

Braunvieh Inligtingsdag 2013



Lede dra trots Braunvieh klere by die Braunvieh Inligtingsdag en Nasionale Veiling

14 November 2013

Braunvieh Kleredrag
Braunvieh Kleredrag
Braunvieh Kleredrag
Braunvieh Kleredrag
Braunvieh Kleredrag

 


 

1] Ian Botes
2] Ben Mills wat al die pad van Barrydale in die Kaap gekom het.
3] Nuwe Braunvieh klere beskikbaar hier gedra deur Liezel Strauss
4] Sampie Rossouw en Willem Smit dra nuwe klere deur Braunvieh
5] Mikaela Botha wat haar 18e verjaardag gevier het op die veilingsdag en ook al die pad van Barrydale in die Kaap gekom het
 


 

SA Stamboek as Registrerende Owerheid en Diere-aantekening Diensverskaffer

7 November 2013

Die Diereverbeteringswet 1998 (Wet 62 van 1998), bepaal onder andere die volgende:

Definisie van Ras: "ras" is 'n populasie van diere wat 'n nageslag voortbring wat oor 'n hoë graad van genetiese stabiliteit beskik soos blyk uit identifiseerbare eenvormigheid in rasstandaarde en prestasie.

Voordat 'n ras dus in Suid-Afrika aanvaar word as 'n volwaardige ras ('n nuwe ras ingevoer word of 'n nuwe ras wat hier ontwikkel word), moet daar by die Registrateur van Diereverbetering aansoek gedoen word daarvoor en is 'n ras eers 'n "Ras" nadat dit as sulks deur die Registrateur verklaar en in die Staatskoerant afgekondig is.

Rasse word onder verskillende kategorieë verklaar. So maak die Wet byvoorbeeld voorsiening vir die verklaring van 'n Ras as 'n Landras. Dit is inheemse rasse of rasse wat in Suid-Afrika ontwikkel is en eie aan Suid-Afrika is.

Die Wet bepaal dat geen Genetiese materiaal vir teeldoeleindes ingevoer mag word, sonder 'n invoerpermit van die Registrateur nie. Verder bepaal die Wet dat 'n dier van 'n Landras, ook nie uitgevoer mag word sonder 'n uitvoerpermit van die registrateur nie.

Die Diereverbeteringswet se primêre doel is om die stoetbedryf en in- en uitvoere van genetiese materiaal so te orden dat die suiwerheid van rasse en hul genetiese verbetering verseker word.

Hierin bepaal die Wet onder andere, die volgende entiteite:

  • Ras
  • Teler
  • Telersgenootskap
  • Registrerende Owerheid
  • Diensverskaffer

Ras: (Reeds bespreek)

Teler se Telersgenootskap: Die Wet bepaal dat, wanneer dit beplan word om 'n Telersgenootskap vir 'n nuut verklaarde ras te stig, minstens sewe telers aansoek moet doen by die Registrateur vir die stigting.

Die Wet bepaal verder dat daar slegs een Telersgenootskap per ras mag wees.

Registrerende Owerheid: Die Wet bepaal dat slegs 'n geregistreerde Registrerende Owerheid 'n amptelike stamboom mag uitreik en dus diere kan registreer.
'n Telersgenootskap kan aansoek doen om as Registrerende Owerheid ook te registreer en dan self sy registrasies te doen (m.a.w. al die werk wat Stamboek vir 'n Genootskap se telers doen, self te doen). Dit sal beteken dat die Telersgenootskap moet kan bewys dat hy oor die nodige stelsels en infrastruktuur beskik wat aan internasionale standaarde voldoen, om die werk self te kan doen.
'n Telersgenootskap moet dus besluit om óf self die registrasiewerk te doen soos genoem, óf om 'n geregistreerde Registrerende Owerheid aan te stel om die werk vir hulle te doen.

So het die Braunvieh SA Telersgenootskap besluit om S A Stamboek aan te stel om hul aantekeningswerk vir hulle te doen.

Die Wet verklaar in Art. 29(3)(a) dat S A Stamboek 'n geregistreerde Registrerende Owerheid is met al die bevoegdhede van 'n Registrerende Owerheid. Tewens, Stamboek is juis dit sedert 1905.

Daar mag ook slegs een Registrerende Owerheid per Telersgenootskap wees.

As Diere-aantekeningsdiensverskaffer lewer Stamboek Registrasie- en Produksiemeting dienste aan sy lede.

Stamboek se lede is die Telersgenootskappe. Die lede van die Telersgenootskappe (telers), is deelnemers aan Stamboek se dienste.

Stamboek lewer deur sy houermaatskappy, Stemma Animalia, ook ander dienste wat nie deel van sy kernbesigheid is nie soos byvoorbeeld die Sekretariaatsdiens.

Van die 73 Telersgenootskappe in Suid-Afrika, is 64 lede van S A Stamboek. Van hierdie 64 lede, maak 27 tans van die Sekretariaatsdiens gebruik. Of 'n Telersgenootskap van die Sekretariaat vir sy eie Genootskapsadministrasie, bemarking ens. gebruik maak en of sy kantoor êrens elders is, maak geen verskil aan die verhouding tussen Stamboek en die betrokke Genootskap nie.

Elke Telersgenootskap het sy eie identiteit en kultuur waarby Stamboek nie inmeng nie. Dienste van Stamboek en dié van die Telersgenootskappe is duidelik geskei en beide is noodsaaklik vir die effektiewe bestuur van stoetteling en die lewering van dienste aan telers.

Lede het eienaarskap van Stamboek en het proporsionele stemreg en dus volle inspraak in Stamboek se dienste.

Stamboek se begroting en fooie word jaarliks op 'n spesiale algemene begrotingsvergadering deur sy lede, telers, goedgekeur.

- Kliek hier vir die skrywe van SA Stamboek (PDF - 114 KB)



Braunvieh Nasionale Veiling: Rekordprys

6 September 2013

Pretoria Skou het vanjaar 'n Ras uitstalling gehou soos op Nampo. Gereel deur Veeplaas Tydskrif.

Dit was gehou in die groot meubel saal, in die krale wat hulle opgeslaan het met hekke. Dit was 'n wenner. Belangstelling was baie goed.

Ons Ras het die 5de jaar Onderste Poort studente genooi vir die demonstrasie van 'n Bul en Koei. Dit was 'n belewenis vir die groep studente. Hulle het van 2uur tot na 5 nog gekuier en gevra oor alle vasette van die Vee boerdery.

Ons het wors broodjies en wyn bedien. Hulle kon hul oë nie glo nie. 'n Pragtige groep jong mense, ek is trots op hulle (ons mense).

Baie dankie aan Daleen Bester vir die reelings van die studente.

Die reëlings is deur Tiny Smith van Veeplaas behartig. Ek wil hom sê baie dankie. Dit was puik, en vir die donasie van Veeplaas baie dankie, julle is regtig deel van ons.

Braunvieh Nasionale Veiling 2013
Braunvieh Nasionale Veiling 2013
Braunvieh Nasionale Veiling 2013
Braunvieh Nasionale Veiling 2013


Braunvieh Nasionale Veiling: Rekordprys

Braunvieh Nasionale Veiling 2013

Eduan Jumbo's Limpopo van Eduan Braunvieh stoet Barkly-Oos verkoop teen die Hoogste prys nog vir 'n Braunvieh bul in Suid-Afrika op 'n Veiling vir R62 000 tydens die Braunvieh SA Nasionale Veiling te Kimberley op 24 Oktober 2013. GWK het die veiling aangebied.

Op die foto van links na regs: Gawie Naudé verkoper, Willie Meyer GWK, Willem Naudé verkoper, Deon Klopper GWK afslaer, Japie Borman koper hanteerder Thulang Letsika.



Jong teler streef na perfeksie

Balans en 'n kombinasie van prestasiedata (sy fers) en voorkoms is die geheim van Christopher Havenga van Christopher Braunvieh op Kloofsig, Petrusville, se sukses met sy stoet kudde. Die sukses wat hy daarmee behaal, bewys dat sy resep werk. Hy het in 1987 sy stoetery met ses koeie en 'n bul be gin.

Die keuse van 'n ras was vir hom maklik omdat Braunviehkoeie genoeg melk het vir sy werkers se gebruik en om 'n kalf in die harde omgewing groot te maak sodat hy 'n swaar speenkalf kan bemark. Aan passing was geen probleem nie. Die diere het ook 'n uitstekende tem perament, wat beteken dat hy as 'n skaapboer maklik met hulle in 'n skaapkraal kon werk.

Christopher, wat ook voorsitter van die Braunvieh-te lersgenootskap is, sê hy selekteer vir die beste. Hy verkoop eerder minder diere van uitstaande gehal te as baie diere wat swakker is. Totdat hy met prestasie toetsing begin het, was sy enigste manier van seleksie 'n balans tussen groei en voorkoms.

Kliek hier vir die volledige artikel.



SA Braunvieh / NAMPO 2013 uitstalling

Vanjaar se uitstalling was behartig deur die De Villiers familie van Berglandkoepel Stoetery wat dan ook die koei met haar verskalf uitgestal het. Bezuidenhout Broers het gesorg vir die bul terwyl Hans Bester Braunvieh/Bonsmara kruiskalwers uitgestal het. Die verbeterings wat aan die veekompleks aangebring is deur onderskeie beestelersgenootskappe is beslis besig om vrugte af te werp - die uitstallings is baie meer professioneel en die hele kompleks is baie meer netjies.

In die besoekersboek het vanjaar 84 persone aangeteken teenoor die 64 van verlede jaar. Roland Schueber, self `n Braunvieh teler van Switserland, het ook die uitstalling besoek. Die belangstelling in SA Braunvieh is beslis besig om toe te neem en dit is voorwaar verblydend om te hoor dat daar juis met die dubbeldoel tipe geboer wil word weens die vleis- en melkeienskappe.

Wat egter steeds kommerwekkend is, is dat daar steeds mense is wat dink die Braunvieh is `n Brahman/Gelbvieh kruising terwyl ander steeds nie die verskil tussen die suiwel Bruin Switser en die Braunvieh ken nie. Baie werk sal in hierdie verband moet gedoen word om verwarrings uit te skakel. Aan die positiewe kant, was dit ook aangenaam om weer ou vriende van die Braunvieh te kon ontvang. Graag word elkeen wat betrokke was om van vanjaar se uitstalling `n sukses te maak, bedank vir hul harde werk.

Braunvieh Nampo 2013
Braunvieh Nampo 2013
Braunvieh Nampo 2013
Braunvieh Nampo 2013
Braunvieh Nampo 2013
Braunvieh Nampo 2013


Vryburg Skou 2013

By die afgelope Vryburg Skou, het die Braunvieh SA Ras die volgende trofeë oorhandig:

Vryburg Skou
Beste Kudde aan Christopher Havenga van die Christopher Braunvieh Stoet (regs) en beste TKP aan Hans Bester van die Witkwas Stoet (links)

Vryburg Skou 2013
Die Presidensiële Toekenning is oorhandig aan Wessel de Villiers van die Berglandkoepel Stoet.

Christopher Havenga is ook herverkies as die Braunvieh SA President vir 2013/2014

Oorkondes vir 25 jaar in die Stoetbedryf is oorhandig aan:
 - Christopher Havenga van die Christopher Braunvieh Stoet
 - Bennie Coetzer van die Nordika Stoet
 - Japie Bornman van die Jaborn Stoet
 - Hampie van Zyl van die Beaulieu

By die Vryburg Skou het 13 vertoners deelgeneem met 67 diere ingeskryf. Eduan Stoet het die meeste punte behaal met Christopher Braunvieh in die tweede plek. By die Vryburg Skou Interras Beoordeling het Leon Strauss van Charis Trust Reserwe Plek behaal in die Interras Kalfkampioen Vroulike dier (Diere onder 18maande).

Vryburg Skou 2013

Charis Trust het ook die Netste Stal toekenning by die Interras Beoordeling ontvang.

© Braunvieh SA. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Braunvieh SA.