Opleiding
 
STANDAARDE VAN VOORTREFLIKHEID TEN OPSIGTE VAN DIE BRAUNVIEH SA

1. ALGEMENE VOORKOMS
Groot, gebalanseer, intelligent, beweeglik en mak met voldoende lente en breedte. Sterk bene van middelmatige lente. Uitstekende geslagsegtheid. Die dier moet duidelike tekens van sterkte, simmetrie en balans toon met ‘n harmoniese samestelling van alle liggaamsdele. Goeie gesondheid met tekens van ‘n uitstaande produksie potensiaal van vleis en melk en langlewendheid.

1.1 BULLE
Manlik, sterk en robust, met duidelike gedefinieerde bespiering op skouers, rug, lende en dye. Goed ontwikkelde skof met ‘n manlike voorkoms. Growwer van vel, haar en been as die vroulike dier met ‘n beter ontwikkelde voorkwart.

1.2 VROULIKE DIERE
Fyner in alle aspekte as die bul. Bespiering goed, maar moet gladder vertoon in vergelyking met die bul. Wanneer in produksie moet bespiering minder sigbaar vertoon en die raamwerk moet meer duidelik omlyn wees. Wanneer van die kant gesien, moet die agterkwart dieper as die voorkant vertoon, wat ‘n effens maar tipiese vroulike, wigvorm verleen. Uier goed ontwikkel, sag en soepel, met goedgeplaasde spene van voldoende grootte. Beenstruktuur relatief fyn maar tog sterk en duursaam. Oneweredige vetaanpakking op die liggaam word as uiters ongewens beskou. Die bul moet dus sterk, robust en manlik wees terwyl die vroulike dier ‘n verfynde vroulike houding moet toon.

2. KOP
2.1 BULLE
Relatief kort en breed tussen oë, met ‘n algehele manlike fors, tog kalm uitdrukking. Horings geen aanbeveling.

2.2 VROULIKE DIERE
Absoluut vroulik, met ‘n wakker, kalm en rustige uitdrukking.
i) NEUSSPIEëL
Breed en sterk, met groot oop neusgate.
ii) KAKE
Breed en sterk, met tande wat goed teen die kussing van die bokaak sluit.
iii) Oë
Groot en helder.
iv) ORE
Van middelmatige grootte en wakker gedra, met ligte hare binne en aan die kante.
v) VOORKOP
Breed en effen geduik tussen oë.
vi) NEUSBEEN
Breed, reguit en sterk.

3. NEK
3.1 BULLE
Korterig met ‘n sterk, goed gespierde, manlike skof.

3.2 VROULIKE DIERE
Plat, van medium lengte, met ‘n netjiese, vroulike voorkoms.

4. SKOUERS
Blaaie goed aangeheg. Spier- en ligament aanhegtings van skouer tot bors, kambene, nek en ribbes moet stewig en ferm wees. Skouerknoppe wyd uitmekaar maar nie te prominent nie, met goeie ronding oor kambeen.

4.1 BULLE
Breed, vol en goed gespier. ‘n Skynbare val agter die skouers (naamlik die haseleër) as gevolg van goeie breedte tussen skouerknoppe, sal nie teen gediskrimineer word nie.

4.2 VROULIKE DIERE
Relatief breed met goeie maar gladde bespiering. Die vroulike dier moet meer verfynheid in die skouer toon as die bul.

5. MIDDELSTUK
5.1 RIBBEKAS
Lank, breed en diep moet goeie kapasiteit.

5.2 RIBBES
Hoog en wyd gesprong. Ribbes wyd uitmekaar, breed en lank.

6. RUG EN LENDE
6.1 BULLE
Rug en lende lank, breed en sterk. Bespiering moet deurlopend breed, dik en duidelik gedefinieer wees vanaf die lende tot by die skouers. Lende gelyk met rug en kruis.

6.2 VROULIKE DIERE
Rug en lende lank, breed en sterk. Bespiering moet deurlopend breed, maar glad wees, vanaf die lende tot by die skouers. Die dikte en duidelikheid van spiere soos in die bul, moet nie teenwoordig wees nie. Die vroulike dier behoort dus ‘n meer gladde, soepel en verfynde bespiering op hierdie liggaamsdele te toon.

7. KRUIS, HEUPE, DRAAIBENE EN SITBENE
7.1 KRUIS
Kruis lank, breed en goed gespierd met ‘n effense val vanaf die heupbeen tot by die sitbene. ‘n Effense dakkigheid aan albei kante van die stertwortel word ook verlang.

7.2 HEUPE
Goed geplaas. In die geval van die bul egter, moet die heupbene nie so prominent of wyd uitmekaar wees as in die koei nie. Vetknoppe op die heupe word as uiters ongewens beskou.

7.3 DRAAIBENE
Effens laer as heupbene en wyd uitmekaar geplaas.

7.4 SITBENE
‘n Goeie breedte tussen die sitbene word verlang. Los vetknoppe op die sitbene van die produserende koei in ongewens.

8. DYE
8.1 BULLE
Goed gespier, dik, vol en diep, op die buite sowel as binnedye, asook agter.

8.2 VROULIKE DIERE
Goed gespier, alhoewel nie so dik en duidelik as die bul nie. Binne- en buitedye relatief vol.

9. BENE, HAKKE KOOTGEWRIGTE EN KLOUE, STAND EN GANG
9.1 BENE
Voorbene van medium lengte, reguit, wyd uitmekaar en vierkantig geplaas. Agterbene, wanneer van die kant gesien, moet geen tekens van sekel- of regophakkigheid toon nie. Van agter gesien, moet die agterbene reguit wees, met ‘n goeie spasie tussen die hakke. Beenstruktuur plate, droog en sterk.

9.2 HAKKE
Breed en sterk, maar terselfdertyd droog en relatief verfynd. Hakke moet nie dik of vlesig vertoon nie.

9.3 KOOTGEWRIGTE EN KLOUE
Kootgewrigte kort, sterk en veerkragtig. Kootgewrigte wat te steil en styf vertoon, of wat deurtrap is ongewens. Kloue kort, rond en kompak. Kloue moet vierkantig op die grond trap, moet diep agter en plat op die sool wees.

9.4 STAND EN GANG
Die dier moet vierkantig kan staan en moet met ‘n vrye, maklike gang kan beweeg.

10. VEL, HAAR, BEEN EN KLEUR
10.1 VEL
Los, soepel en dik met voldoende pigment.

10.2 HAAR
Kort, dik, sag en glansend.

10.3 BEEN
‘n Droë, plat en duursame beenstruktuur word verlang. Growwe, swaar been met dik, vlesige knie en hakgewrigte is ongewens. Oordrewe verfyndheid van been word ook as ongewens beskou.

10.4 KLEUR
Geheel bruin, kleur magter varieer van lig na donkerbruin. Wit word slegs
op die onderlyn toegelaat, en wit kolle, veral waar dit met‘n ontbreking van pigment in die vel gekoppel is, op enige ander deel van die liggaam, word nie toegelaat nie.

11. UIER, MELKARE EN SPIERE
11.1 UIER
Lank, wyd, diep, maar nie sakvormig nie, stewig aan lyf vas. Sterk hoog op na agter en ver na voor. Kwarte ewe groot, bedek met fyn sagte hare en vol are. Te veel hare op uier en spene ongewens.

11.2 MELKARE
Groot en met vertakkings.

11.3 SPENE
Taamlik lank en van goeie grootte, regaf en vierkantig geplaas.

12. GESLAGSORGANE
12.1 BULLE

Goed ontwikkel en normaal in alle opsigte.

12.2 VROULIKE DIERE
Goed ontwikkel en sonder uiterlike tekens van infantillisme of misvorming.

13. GEWIG VIR OUDERDOM
Dit is noodsaaklik dat diere ‘n goeie gewig vir ouderdom moet handhaaf.

14. ONGEWENSTE EIENSKAPPE
14.1 Swak temperament.
14.2 Wollerige haarbedekking.
14.3 Baie lank of te kort op been.
14.4 Te grof of te fyn van been.
14.5 Swak kootgewrigte; sekel-, regop- of koeihakke, klein kloue.
14.6 Spene wat te groot of te klein is, vlesige, harige of swak aangehegte uier.
14.7 Ongebalanseerde uier.
14.8 Skortum wat te klein of te groot is.
14.9 Oneweredige verspreiding van vet oor die liggaam, prominente borsstuk.
14.10 Breë, vroulike heupe in bulle.
14.11 Vroulike diere wat diep in die voorkwarte en lig in die agterkwarte vertoon.
14.12 Kort van lyf; slap of hol rug.
14.13 Slap in lende.
14.14 Bulle wat plat in ribbes vertoon met min diepte.
14.15 Hangkruis.
14.16 Ontbreking in pigmente.
14.17 Ponie tipe.

15. DISKWALIFIKASIES
Dier sal gediskwalifiseer word vir enige oordrewe openbaring van ongewenste eienskappe, of vir oorerflike defete wat in beeste voorkom, byvoorbeeld:
15.1 Hernia. (Breek of spleet tussen teelorgane)
15.2 Criptorchiedisme. (Een teel orgaan, een bo, een onder)
15.3 Skewe neus.
15.4 Skewe stert. (aangebore)
15.5 Misvormde geslagsorgane. (gedraai een onder ander)
15.6 Skewe gesig.
15.7 Kort of lang onderkaak.
15.8 Regop-, sekel- of koeihakke.
15.9 Spene wat saamgegroei is.
15.10 Infantilisme van die uiterlike geslagsorgane in bulle en koeie.
15.11 Enige tekens van sub-fertiliteit of gebrek aan funsionele doeltreffendheid.
15.12 Wit op ander dele van liggaan by vroulike dier bly ‘n diskwalifikasie, behalwe waar dit in die onmiddellike omgewing van die onderlyf verskyn wanneer die Inspekteur sy diskresie mag gebruik.
 
 
 
 
 

 
The “droopy” and “roofy” rumps don’t occur too often and are not under discussion here. However, discrimination against animals with a flat, level or square rump plays an important role in our breeding aim. Why do we discriminate against this? Calving ease is, next to fertility, the most important aspect in countries where extensive farming conditions prevail. Cows must calve “outside in the bush” and you only see the calf when it is a few days old. There is a lot of causes for calving difficulty or “dystocia” and we maintain that one of the factors is squareness of rump. Why? If we look at Zebu types and antelopes, all known for their calving ease, we find a sloping rump where the pin bones are lower that the hipbones. (Mc Farlane, 1976) describes this as follows: “When one selects for high pin bones, the whole of the pelvis girdle is actually being rotated about the thurl (the region between the pin bone and the hip joint) in an upward and backward direction. Now if you will look at the classic outline from the side of the animal – and think about it very carefully – it will become evident that, as you raise the pin bones at the rear of the hindquarters, you automatically narrow the vertical opening that the cow has for calving – you lessen the distance between the pelvic floor and the base of the tail. This is one of the prime factors in dystocia which has led to considerable problems in a number of breeds.” (Maree, 1983), an Animal Scientist and Vet states: “The sacrum in Zebu breeds slope more than in most European beef breeds and in especially the Friesland. Squareness of the rump is due to a more horizontal setting of the sacrum so that the root of the tail is as high as the ilco-sacral attachment. This raises the pin bones and consequently the hips. Over many generations most European beef breeds and particularly the Friensland, have been selected for these features. In Zebu the sacrum and pins and hips have been allowed to slope. The pelvic outlet consequently moved downwards with lengthening of the ischio-sacral ligaments. The potential of the sacrum and lleo-sacral attachments to allow movement during labour, is therefore considerably enhanced, which is a most important factor in case of calving. A sloping rump allows for a wider opening of the pelvic outlet at calving. Lowered pin bones and a lower position of the thurls, enlarge the pelvic outlet and facilitate calving.” Mr Louis Peens, a student from the University of Pretoria, took the pelvic measurements on the following sketch from 627 Friesland cows (11 herds) with a dystocia record and investigated the association between these measurements with the dystocia records of the cows. He found the following:
 

 
% Dyslocia
1. Slope of the line A to B = 7° - 12° (flat) ..................................45%
Slope of the line A to B = 20° - 24° (not flat) ................................12%
2. Angle of the line A-B and B-C smaller than 15° ..............................56%
Angle of the line A-B and B-C larger than 25° ..................................19%
3. Difference in height between A-D and C-E less than 14cm .....................49%
Difference in height between A-D and C-E more than 19cm ........................19%
From the meat production point of view some believe that squarely rumped cattle are better muscled than those with a sloping rump. (Harmse, 1976) and (Butterfield, 1977) proved very clearly that this is not the case. Another interesting aspect we found is that a square rump is normally associated with straight hocks or post leggedness.
Butterfield, R (1977) What is a meat animal? Beef Cattle Science Handbook, Vol. 11:77, Agriservices Foundation, California. Harmse, J (1976) Unpublished data M.Sc. (Agric) thesis, University of Pretoria. Maree, C (1983) University of Pretoria, South Africa. Personal communication.
 
 
 
                                                          POINTS OF A BULL/STEER