|
Die Braunvieh is: - ‘n Medium tot ‘n groot raam dubbeldoel bees wat ontwikkel is vir vleis en melk produksie in ‘n 60:40 verhouding.
- Weens sy oorsprong in die Alpe, is dit ‘n ras met ‘n hoër rooibloedtelling as ander rasse en pas die ras maklik aan in ‘n verskeidenheid van omstandighede, van baie koud tot uitermatig warm, wêreld wyd.
- ‘n Ras met goeie stapvermoë, sterk bene en diep donker kloue.
- ‘n Ras met ‘n goeie pigment, ‘n aangepasde vel wat glad verhaar in die somer en wat die haar verdig en groei in die winter om te verseker dat die liggaamstemperatuur so konstant moontlik bly. Weens die sterk donker pigment kom oogkanker glad nie by die ras voor nie
- ‘n Ras met ‘n rustige temperament wat goed aangepas is en uitstekend presteer in voerkrale.
- ‘n Baie vrugbare ras en langlewend. Koeie van 12 jaar en ouer produseer nog jaarliks
- ‘n Ras met bogemiddelde melkproduksie, goeie uiers en spene en dit verseker dat kalwers vinnig groei en met ‘n bogemiddelde gewig speen
|