Tuis
 
VISIE
Om 'n bees te produseer wat maklik kalf, vinnig groei, algemeen goed aangepas is met 'n rustige temperament en 'n bogemiddelde vleis- en melkproduksie.

MISSIE
• Om deur middel van seleksie en prestasietoetsing slegs die beste presteerders in die bulmark beskikbaar te stel.
• Om diere te selekteer wat aan die rasstandaarde voldoen en wat bogemiddeld presteer ten opsigte van voeromset en melkproduksie.
• Om die ras uit te bou as die veeldoeligste, mees effektiewe ras vir vleis-, melk- en kruistelingsproduksie in Suid-Afrika.